072 331 4335 (Amanda) | info@ekliefkrismis.co.za

Eden Place - Kraaibosch - George | Heroldsbaai - Tuinroete

Omtrent ekliefkrismis

Hoe het die ekliefkrismis-mark ontstaan?

Dié Kersmark het ontstaan uit die organiseerders se hartklop en passie vir die MOOI dinge in die lewe. Kersfees is só ‘n tyd - en George is 'n prentjiemooi plek – 'n absolute wenresep! Voeg daarby die 2½ miljoen vakansiegangers wat deur die Tuinroete beweeg gedurende die Desember-vakansie en… voilá!

Hoe is ons anders?

ekliefkrismis is daarop gemik is om hoë gehalte produkte van oor die land aan te bied, produkte wat mekaar komplementeer én dit moontlik maak om daardie ekstra spesiale geskenk vir daardie ekstra spesiale mense in jou lewe te vind – teen bekostigbare pryse, alles op een plek! Ons streef daarna om ’n mark aan te bied waarna die hele familie sal uitsien om volgende Kersfees terug te keer.

Ontmoet die span

Amanda en Lorinda van Dyk is 'n kreatiewe ma-en dogterspan wat mense wil bemagtig om hul kreatiwiteit suksesvol in te span, dít is die dryfkrag agter ekliefkrismis. Ons wil 'n platform skep vir entrepreneurs waar hulle hul talente en passie kan uitleef. Ons doel is om 'n wen-wen situasie te skep waar die uitstallers die onkoste van 'n permanente perseel uitskakel en waar die kliënte unieke, handgemaakte goedere teen bekostigbare pryse kan koop.