072 331 4335 (Amanda) | info@ekliefkrismis.co.za

Eden Place - Kraaibosch - George | Heroldsbaai - Tuinroete

ekliefkrismis Stalletjies

Hoe bespreek ek 'n stalletjie/s?

  • - Voltooi die aansoekvorm aanlyn of stuur 'n e-pos na info@ekliefkrismis.co.za sodat ons vir jou vir 'n aansoekvorm kan stuur.
  • - Maak seker die ansoekvorm is volledig ingevul en dat die foto's van jou produkte aangeheg is.
  • - Aansoeke sluit 30 September 2018.
  • - Aansoek verseker NIE 'n stalletjie nie. Jy sal per e-pos in kennis gestel word indien jou aansoek suksesvol was.
  • - Produkte sal gekeur word om duplisering van dieselfde produkte te vermy.
  • - Sodra jy in kennis gestel is dat jou aansoek suksesvol is, is die 50% deposito betaalbaar (ons kan ongelukkig nie stalletjies hou nie en ontvangs van jou deposito verseker jou plek).

Wat is die koste van 'n stalletjie/s?

Stalletjie-opsie Afmetings Totale koste
Standaard stalletjie 1m x 2m Tafel R900
Standaard uitstalspasie met agterbord (vir die hang van produkte) 1m x 2m R1000
Dubbel-uitstalspasie 1m x 4m R1700
Dubbel-uitstalspasie met agterbord 1m x 4m R1900
Vir elke addisionele uitstalspasie wat bygelas word by die dubbel-spasie
(vir uitstallers wat groter as die dubbel-spasie wil hê)
1m x 2m R800 (geen agterbord)
R900 (met agterbord)

Watter persentasie kommissie word gehef?

  • - 18% kommissie word gehef op alle verkope.

Wat sal die Kersmark se ure wees?

  • - Weeksdae & Saterdae: 09:00 – 18:00
  • - Sondae: GESLUIT
Bespreek 'n stalletjie